Chinese Grand Prix

Die Chinese Grand Prix is 'n motorwedren wat sedert 2004 in China plaasvind en 'n rondte van die Formule Een Wêreldkampioenskap vorm. Dit vind plaas op die Shanghai Internasionale Renbaan in Jiading, Shanghai, 'n baan wat deur Hermann Tilke ontwerp is.

Die baan was die duurste Formule Eenrenbaan toe dit in 2004 voltooi is, teen 'n koste van VS$240 miljoen.[1][2] Die baan is 5.451 km lank[3] met een van die moeilikste draaikombinasies op die Formule Eenkalender. Draaie 1 en 2 is saam 'n veeleisende 270 grade, 'n regshandige kombinasie wat hoë spoed by die ingang vereis maar dan verder verskerp teen die uitgang.

  1. "Grand Prix Shanghai Set to Go" (in Engels). China.org.cn. 22 Oktober 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2017. Besoek op 4 Oktober 2010.
  2. "Abu Dhabi – fast-track to future of F1" (in Engels). independent.co.uk. 31 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 23 Februarie 2011.
  3. Formula1.net. "Formula One Chinese Grand Prix" (in Engels). Forumula1.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2010. Besoek op 14 April 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search